Die oudste tegniese skool in die RSA!
Die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar is op 2 April 1895 op Uitenhage gestig met die doel om in 'n behoefte aan tegniese onderwys in die Oos-Kaap te voorsien. Vanaf hierdie klein begin, met 30 seuns, het die skool gegroei tot een van die bekendste skole in Suid-Afrika. As oudste Tegniese skool in die RSA, is 'n baie groot bron van oudskoliere opgebou. Daar bestaan 'n baie sterk band van kameraderie en lojaliteit tussen die oudskoliere onderling, asook met die skool.
Die skool geniet ook baie goeie ondersteuning vanuit die breë Uitenhage en Port Elizabeth gemeenskap en daar heers 'n baie sterk prestasieverwagting van almal wat bekend is met die skool. Dit is 'n groot aansporing vir die personeel en huidige Tiere - Daniel Pienaar leerders staan vir baie jare al bekend as "Die Tiere". Die skool is 'n paralelmedium, ko-ed skool (Afrikaans- en engelsmedium onderrig vir seuns en dogters). Die leerdertal in 2012 is 850 (755 seuns en 95 dogters.) Die groot aantal skoliere wat loopbane as ingenieurs, tegnici, vakmanne, mediese dokters, lektore, predikante en sakemanne volg, getuig van die wye beroepskeuse wat die opvoedingsprogram by Daniel Pienaar aan 'n jong mens bied.
Die belangrikheid van tegniese onderwys in die RSA word beklemtoon deur die feit dat die Suid-Afrikaanse ekonomie huidiglik 'n groot tekort aan kritiese tegniese vaardighede ervaar. Daar is jaarliks 'n tekort aan ±700 ingeneurs en 7 500 gekwalifiseerde vakmanne. Ons is daarom oortuig dat Daniel Pienaar die ideale omgewing bied waarin leerders gestimuleer word om onder andere, ingeneurs en gekwalifiseerde vakmanne te word. Ongeag die omstandighede en eise, bly die eindproduk van Daniel Pienaar "Volkome Toegerus"!
Baie dankie dat u ons webwerf besoek!
Die HTS Daniel Pienaar het onlangs deelgeneem aan die Oostelike Provinsie Brugboukompetisie wat deur die Suid-Afrikaanse instituut vie Siviele Ingenieurs aangebied word. Drie spanne van DP is ingeskryf en aan die einde van die kompetisie het die drie spanne al die ander spanne uitgestof en die eerste drie plekke in...
Drie HTS Daniel Pienaar tiere het die 2012 Argus fietswedren in Kaapstad van 110km suksesvol voltooi. Ryno Adlam (3:28:56), mnr. Paul Els (3:20:19) en Craig Lavis (3:16:56)
Ons het ‘n baie goeie dag beleef en 11 van die 13 wedstryde gewen. Die hoogtepunt was die 1ste span wedstryd waar ons baie sterk teenstand van Framesby verwag het. Daniel Pienaar wen die wedstryd 26 – 25. As dit nie vir verbroude skopwerk pale toe was nie kon DP...
Eugene Soule, lid van die HTS Daniel Pienaar/Walmer Fietsryklub, het homself vanjaar as een van die Suid-Afrika se voorste 0/16 baanfietsryers bewys. Gedurende die S.A Baanfietskampioenskappe vanaf Vrydag 27 April tot Maandag 30 April in Maritzburg, presteer Eugene op nasionale vlak. Eugene en drie van sy spanmaats wen die goue...
Daniel Pienaar het op Saterdag 5 Mei in nege wedstryde teen Brandwag rugby gespeel. DP wen al nege wedstryde oortuigend. Die hoofwedstryd van die dag tussen die eerste spanne was baie spannend en DP wen 28 – 23. DP het vier driee met goeie agterlyn hardlooprugby gedruk tenoor twee van...
1ste Rugbyspan borge. Mnr. Jakes van der Merwe, Motervia (kontantborg) en Mnr. Johan Kleu, JD Kleu Konstruksie (sportsakke).
Mnr. DP Senior - Aidon Davis, 2de Pelser Hanekom (regs), 3de Wesley Merrick (links) Mej. DP - Carina van Tonder, 2de Mickela de Beer (links), 3de Savanah Ravahl (regs) Mnr. DP Junior Heino Bezuidenhout, 2de Armand Hartzenberg (links), 3de Malan Steenkamp (regs).
| Protea Straat |
| Uitenhage |
| 6229 |
| South Africa |
| 041-922 9990/4 | |
| 041-922 9339 | |
| admin@danielpienaar.co.za |