Kom laat ons almal same, ons hoërskool besing,
en aan die manne van weleer, verdiende hulde bring.
O, skool uit nood gebore, die eerste in ons land
wat in behoeftes kan voorsien, van brein en oog en hand.
Hoe nederig was jou wording, hoe het jy nie gegroei
van Swartkopsoewer vloed bedreig, om teen die bult te bloei.
Met Christenideale en diens as hoogste lus
het jy ons vir die lewe, Volkome Toegerus.
Die oorspronklike liriek en musiek is geskryf deur R. du Plessis