Die skild bevat drie simbole:
- ‘n Rat: Simboliseer die sterk tegniese karakter van die skool
- ‘n Boek: Simboliseer die essensieel noodsaaklikheid van akademiese kennis en onderrig
- ‘n Kerktoring: Simboliseer die oorsprong en ontstaan van die skool deur die inisiatief van die vroeë NG Kerk in Uitenhage en die feit dat onderrig en opvoeding volgens Christelike beginsels in die skool plaasvind
- Die leuse: Omnino Paratus = Volkome toegerus: Dat die skool leerders intellektueel, fisies, kultureel en geestelik wil toerus om die volwasse lewe met vertroue tegemoed kan gaan