Aansoek om toelating tot die koshuis kan slegs plaasvind nadat 'n leerder toelating tot die skool verkry het.
Indien ouers op die aansoekvorm vir toelating tot die skool aangedui het dat hulle koshuisverblyf verlang, sal 'n aansoekvorm vir toelating tot die koshuis saam met die toelatingsbrief tot die skool aan hulle gestuur word. Andersins kan 'n aansoekvorm by die algemene kantoor van die skool, ontvang word.
Bedrag betaalbaar in 2019
R22 500 (R2045.00 per maand vir 11 maande)