• Banner2016
Super User

Super User

DPboogskiet

 

Elf skuts van HTS Daniel Pienaar (lede van die Kwaggaklub) het op 10 September 2016 aan ‘n NASP kompetisie in Gonubie gaan deelneem.

Ons skuts vaar baie goed te midde van sterk kompetisie van die twaalf skole wat deelgeneem het.

Hier is DP se medaljewenners met hul tellings uit 300.  Links is Monré Crouse, bronsmedalje met 276 en regs is Eddie Boucher, gouemedalje met 280.

Thursday, 12 May 2016 09:10

Daniel Pienaar Tiere klop Framesby

DPFramesbyThumb

 

 

Op Saterdag, 23 April het Daniel Pienaar Framesby besoek met 13 spanne.  Al die wedstryde is gekenmerk deur harde kompeterende rugby.  Framesby het meer  wedstryde as DP gewen. 

Die 1ste span wedstryd was kliphard en beide spanne het deurgaans goeie geleenthede gebruik om punte aan te teken.  Met twee minute speeltyd oor was die telling 29 – 24 in Framesby se guns.  DP se skrumskakel, Kevin Slow het na ‘n skrum op Framesby se tien tree lyn om die skrum gebreek en Framesby se verdediging geklop en onder die pale gaan druk om te telling 29 – 29 te maak.  Dyllon le Roux het die drie verdoel en DP wen die wedstryd met 31 – 29.

Hiermee het Daniel Pienaar se 1ste span in twee agtereenvolgende wedstryde met die twee groot rugbykragte in Port Elizabeth afgereken

Wednesday, 16 March 2016 12:59

HIERDIE TIER LAAT DIE KOLF SING!

kolf-sing-web

 

Riandré van As, HTS Daniel Pienaar se O/14A-krieketkaptein en kolwer laat die kolf deesdae sing.  Teen Victoriapark Hoër het hy 108 lopies (nie uit nie) behaal en teen Pearson Hoër 114 (nie uit nie).  Die Tiere voorspel groot dinge vir hierdie jongman.

 

Wednesday, 16 March 2016 12:50

Twee Nuwe Tiere

Nuwe-Tiere-web

 

Twee nuwe onderwysers is onlangs by HTS Daniel Pienaar aangestel:  Mej. Chantéle Olivier (Wiskundedepartement) en mnr. Ruan Taljaardt (Lewensoriëntering – (prakties).  Mnr. Taljaardt het persoonlike afrigting en sportkondisionering by die Health and Fitness Professional Association aan die Universiteit van Johannesburg studeer.

Mej. Chantéle Olivier het BEd aan die NMMU voltooi:  (cum laude).  Ruan is ‘n oud-tier wat  in Middelburg gematrikuleer het en Chantéle was ‘n Hoërskool Despatchskolier.

Benewens skoolwerk hou Ruan homself besig met visvang, oefen en liggaamsbou en Chantéle se belangstelling sluit in aanlynspeletjies en metaalverklikkers.

 

T20-Champs-web

Daniel Pienaar THS were crowned CSA Schools Regional T20-champs after beating Brandwag in the final by 10 runs.

In the quarter final DP beat Despatch by 121 runs.  DP batted first and scored 198/5 in 20 overs - Adrian Leibbrandt 68 runs and Sydney Daniell scored 40 runs.

In reply, Despatch could only manage 70 runs all out - Denovan Jones (4 overs, 4 wickets, 12 runs) and Adrian Leibbrandt (4 overs, 2 wickets, 13 runs) were DP’s best bowlers.

In the semi-final DP beat Woodridge by 9 runs.  DP batted first and posted 111/7 in 20 overs - Adrian Leibbrandt 27, Zander Viljoen 24.  In reply, Woodridge were restricted to 102/9 in their 20 overs.  Kenan Smith (4 overs, 3 wickets, 14 runs) and Denovan Jones (4 overs, 1 wicket, 9 runs) were outstanding bowlers for DP.

In the final against Brandwag, DP batted first and posted 146/2 in their allotted 20 overs  -  Adrian Leibbrandt, top scorer, with 77 not out and Zander Viljoen 51.

Brandwag replied with 136/7 in 20 overs.

Sinalo Grootboom 3 overs 2 wickets 13 runs and Adrian Leibbrandt 4 overs 2 wickets 22 runs were the pick of the DP bowlers.

In the league match played at Daniel Pienaar on Saturday, Brandwag’s first team chose to bat after winning the toss and posted a formidable 207/6 in 50 overs.  DP’s best bowlers were Kenan Smith (10 overs, 2 wickets, 43 runs) and Denovan Jones (10 overs, 1 wicket, 20 runs.)

In reply, Daniel Pienaar scored 208/3 in 45 overs with captain, Adrian Leibbrandt, scoring an unbeaten 78 runs, Zander Viljoen 32 runs and Denovan Jones 28 not out.  DP’s first team won by 7 wickets.

In the other matches of the day DP’s second team beat Brandwag by 35 runs and DP’s U15A beat Brandwag by 6 wickets. 

Atletiekafrigtingskliniek-web

 

Gedurende 6 – 8 Januarie is ‘n NMMU en Daniel Pienaar Atletiekafrigtingskliniek by HTS Daniel Pienaar gehou.  Tweehonderd afrigters en hoér- en laerskoolleerlinge is deur elf baie ervare NMMU-afrigters touwys gemaak. Kursusgangers het van heinde en verre gekom o.a. Mosselbaai, Queenstown en Grahamstad Organiseerders. Nellis Bothma en Zirk Kemp berig dat die kliniek ‘n groot sukses was en hopelik weer in die toekoms in Uitenhage aangebied sal word.

KenanSmithweb

 

After a successful EP U/17 week, Daniel Pienaar 1st team allrounder  Kenan Smith  was selected to represent the Warriors U/19 Cubs week team that participated at the national tournament in Stellenbosch in January 2016.  The Warriors team ended 3rd in the tournament.

Wednesday, 16 March 2016 11:53

OUD-TIER BOBAAS IN MATIELAND

 

Dewald-Oosthuisen

 

Tydens die onlangse gradeplegtigheid van die Universiteit van Stellenbosch het Dewald Oosthuizen (Oud-DP-onderhoofseun-matriek 2011) skoonskip gemaak.

Hy word aangewys as die beste Chemiese Ingenieurswese- finale jaar student en verower ses van die agt Chemiese Ingenieurswese-pryse.

Dewald is die seun van mnr. en mev. André Oosthuizen skoolhoof van Hoërskool Strelitzia.

Mev Scheffer, Dewald se DP Fisiese Wetenskaponderwyseres, onthou hom as ‘n gebalanseerde persoon wat vroeg in sy lewe besef het dat elke taak, ongeag hoe gering, dit verdien  om behoorlik gedoen te word.

Dewald is tans besig met sy M. Ingenieurswese (Navorsing) aan die Prosesingenieurswese-departement van die US en sal binne die volgende twee jaar sy navorsing voltooi:  Die implementering van solarwarmte in voedsel- en materiaalprosesseringsindustrieë.

Die geheim van die sukses van die briljante student lê vermoedelik ook in Dewald se beskeie lewensiening dat “elke mens wat jy ontmoet, iets weet wat jy nog moet leer.”

Die plaaslike gemeenskap volg Dewald Oosthuizen se loopbaan met baie trots en belangstelling.