• Banner2016
Super User

Super User

OP-Atlete

 

Die volgende atlete is gekies vir die OP-span wat by die SA Sub Youth, Youth en Junior Kampioenskappe in Germiston sal deelneem op 31 Maart tot 2 April.

Van links na regs:

Tiaan van Tonder        Spiesgooi         O/15    Seuns

Tiaan Lange                110 m H          O/17    Seuns

Morné Beauzec           Diskus              O/15    Seuns

Ruwaldo Beer             Hamergooi      O/15    Seuns

Middel voor

Duwane Pietersen       100 m              O/17    Seuns

Malan-Wenner-Wetenskap-Olimpiade

Malan Steenkamp, hoofseun van die HTS Daniel Pienaar in 2015, is op 9 Oktober as die algehele wenner in die finale rondte in die ESKOM Nasionale Expo vir Jong Wetenskaplikes in Johannesburg aangewys.  Wat die prestasie baie besonders maak is die feit dat daar ongeveer 17 000 deelnemers landwyd was wat aan die streeksuitdunne deelgeneem het.  Na die streeksuitdunne is 570 deelnemers na die finale rondte in Johannesburg genooi.  In die finale rondte is 360 projekte beoordeel en by sommige projekte was meer as een deelnemer betrokke.

By die prysuitdeling na die beoordeling is die baie gesogte “Dr Derek Gray Memorial Award” vir algehele wenner aan Malan oorhandig.  Malan het ‘n volle beurs vir ingenieursstudie aan die uiniversiteit van Pretoria onvang en is ook genooi na die Stockholm International Youth Science Seminar van 4 – 11 Desember 2015 in Swede.  Daarna sal hy ook die Nobel Prysuitdeling in Stockholm bywoon.

Die konsep van Malan se inskrywing was ‘n karretjie (Lightning Strom 2) wat met ‘n lig en videokamera toegerus is en wat met behulp van ‘n rekenaar of selfoon deur middle van die internet vanaf enige plek in die wêreld beheer kan word en videomateriaal kan terugsend.  ‘n Ideale toestel vir wanner jy met vakansie is en terselfde tyd wil sien wat in jou huis ver van jou af gebeur.

Die personeel, leerders ouergemeenskap van Daniel Pienaar is baie trots op hierdie uitsonderlike prestasie, veral omdat dit die eerste keer in die geskiedenis is dat hierdie toekenning aan ‘n deelnemer gemaak is wat die eerste keer aan die Expo deelgeneem het.  Malan gaan in 2016 megatroniese ingenieurswese by Tukkies studeer.

Tuesday, 22 September 2015 19:06

TIERE WEN 6-AAN-'N-KANT KRIEKETTOERNOOI.

Marlow Landbouskool in Cradock, het 4 en 5 Augustus ‘n O/15 ses-aan-‘n-kant kriekettoernooi aangebied.  Die span van HTS Daniel Pienaar het die finaal oortuigend gewen en is ook as wenners van die toernooi gekroon. Hierdie span word deur mnr. Francois Anker afgerig en Dandré Voigt (links voor)is hul kaptein. Mnr. Sirkhotte( DP-krieketdirekteur) was verantwoordelik vir hul kondisionering deur die jaar.

Graaff-Reinett-Web

Tuesday, 22 September 2015 19:03

Tiere vaardig met 'n pyl en boog!

Boogskiet se OP- Kampioenskappe het op 12 September 2015 in Gonubie, Oos-London plaasgevind. Tien hoërskole en tien laerskole het aan die kompetisie deelgeneem. HTS Daniel Pienaar se skuts, lede van die Kwagga Boogskietklub, het eers in Maart 2015 met boogskiet begin, maar  het uitstekend presteer. (sien foto asb.)

 

Kwagga Boogskietklub-medaljewenners: v.l.n.r.

Duncan Booyens (282 uit 300) – goue medalje & OP- kampioen – hoërskoolseuns,

Renata Potgieter (239 uit 300) – brons medalje – hoërskooldogters,

JP Strydom (269 uit 300) – silwer medalje – hoërskoolseuns.

 

Medalje-Wenners-Web

Monday, 21 September 2015 06:14

1965-TIERE HOU REüNIE

HTS Daniel Pienaar se 1965-matrikulante het onlangs reünie gehou.  Mnr. Nico Claassen, skoolhoof, het hul die tierkampus gewys aangesien dié groep nog langs die rivier, in die ou skool, skoolgegaan het.  By dié geleentheid het die oudtiere geskiedkundiges foto’s vir die skool se argief aan mnr. Claassen oorhandig. 

Op die foto (regs agter) verskyn ook Nico Groenewald, afgetrede Wiskundeprofessor, vroeër verbonde aan NMMU.  Hy was een van HTS Daniel Pienaar se eerste matrikulante wat tersiêre opleiding sou ontvang. (Foto1)

 

65-reunie-Foto1-web

 

‘n Geskiedkundige oomblik:  hier verskyn die 1965  - HTS Daniel Pienaar matrikulante saam met mnr. Eric Boucher wat vir hulle 50 jaar gelede skoolgegee het.(Foto2)

 

65-reunie-Foto2-web

Monday, 21 September 2015 05:53

Tiere-sportprysuitdeling 2015

Tydens HTS Daniel Pienaar se sportprysuitdeling, is aan vele Tiere erkenning gegee vir puik prestasies op die sportveld. Die prestige toekennings was as volg:

 

Senior sportman van die jaar: Heino Bezuidenhout

Mees veelsydige sportman van die jaar: Denver Klue

Junior sportman van die jaar: Tiaan Lange

Sportvrou van die jaar: Britney du Piesanie

 

foto4-Britney-web 

Sportvrou van die jaar: Britney du Piesanie

 

 

foto1 Heino

 

Senior sportman van die jaar: Heino Bezuidenhout

 

 

foto2 Denver

 

Mees veelsydige sportman van die jaar: Denver Klue

 

 

foto3. Tiaan

  

Junior sportman van die jaar: Tiaan Lange

 

Drie HTS Daniel Pienaar leerders is onlangs vir die OP O/18 7’s rugbyspan gekies om op 2-3 Oktober aan die toernooi in die Paarl deel te neem.  Bolandrugby-unie is die gasheer.  Die spelers is Denvér Kleu (kaptein), Jean Smal en Jacques Steenberg.  Mnr. Gerald is die afrigter en mnr. André Strümpher, ook van DP, die assistentafrigter.

v.l.n.r.  Denvér Kleu, Jean Smal en Jacques Steenberg.

sewes-web

Tuesday, 01 September 2015 09:33

Daniel Pienaar Presteer

On 19 August, Malan Steenkamp competed in the Eskom Expo for young scientists where he was awarded a gold medal.  He also received an invitiation to the International Science Fair in Johannesburg on 6-9 October 2015.

 Malan-Steenkamp-web

 

 

 

Malan-Steenkamp-web02

img22

Daniel Pienaar is in die bevoorregte posisie om Angelique Gerber as spreker by ons jaarlikse sportprysuitdeling te hê. Die meeste Tiere is bekend met hierdie pragtige dame as gevolg van haar romantiese verbinding met oudskolier en Springbokrugbyspeler, Jacques Potgieter – ‘n Tier op wie DP baie trots is, en sien uit na die paartjie se besoek aan die skool. Angelique is egter veel meer as Jacques se meisie. 

Sy spog met ‘n blink en inspirerende Curriculum Vitae: Op skool was sy ‘n toppresteerder op die sportveld, kultuur- en akademiese gebied en onder andere onderhoofmeisie. Na skool studeer sy Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria en in 2012 ontvang sy haar honneursgraad in dié vakgebied.

Angelique is ‘n baie sportiewe persoon.  Op skool het sy deelgeneem aan die Wêreldkampioenskappe vir sportaerobiese oefeninge.  Sy het ook SA-kleure vir Akro-gimnastiek ontvang.  Sy het ook haar gevorderde balleteksamen aan die Royal Academy of Dancing voltooi. Dit is egter as aktrise waar sy haar naam gemaak het.  SA ken haar as 7de Laan se Clara en as die aanbieder van Boer soek ‘n vrou.  Televisie is egter nie Angelique se enigste génre nie en sy het ook teater, kortfilm en filmervaring opgedoen.  Filmwerk is waarop sy nou veral fokus. Afgesien van al haar bedrywighede is Angelique ook ‘n mode-ontwerper wat reeds Rooi Tapyt-, Bikini- en Sportdragreekse bekendgestel het.

Hierdie talentvolle en veelsydige jong dame is ‘n inspirasie vir iedereen en DP luister graag na haar motiveringspraatjie by die jaarlikse sportprysuitdeling.  

HTS Daniel Pienaar is met reg trots op sy rugbyspelers wat O.P. gaan verteenwoordig.  Pieter van Taak, Duan du Plessis en Heino Bezuidenhout en Denvér Kleu sal O.P. tydens die Cravenweek verteenwoordig.  Heino Bezuidenhout is ook die onderkaptein van die O.P. span.  Denvér Kleu, Jean Smal en Patrick van Taak is gekies vir die O.P.-Akademiespan. Denvér Kleu is ook die kaptein vir die O.P.-Akademiespan. Curtly Deysel en Le-Kleu Stokes vorm deel van die O/16 O.P.-span.

 

v.l.n.r:  Cravenweek:  Curtly Deysel en Le-Kleu Stokes.

 

Foto2webb